MOSSELBAAI NUUS - Motorsportentoesiaste se adrenalien het op Saterdag, 5 Mei by die Mega Ovaalbaan by Worcester in hoogste versnelling gegaan.
Dit was 'n heerlike, warm somersdag en die jaers het die ondersteuners nie teleurgestel nie.
Daar is in verskillende klasse gekompeteer, met die Crosskarts wat baie gewild onder die toeskouers was. Die oopwiel Crosskarts is Skandinawies geïnspireerd, maak groot geraas en dié geraas, gemeng met die die hoë intensiteitwedrenne en die pret van karting het vir groot opwinding gesorg.
Die Crosskart-klas bestaan tans uit ses deelnemers met motorfiets/quad enjins met silindervolumes vanaf 450cc – 1100cc, terwyl die drywers wissel vanaf 15 jaar oud tot skraps oor die 50 jaar. Besoek gerus die Crosskarts Southern Cape facebookblad vir meer inligting.
Ondersteuners en toeskouers word uitgenooi na die volgende ovaalbaanwedren wat op 26 Mei by die Arnold de Jager Ovaalbaan in Oudtshoorn sal plaasvind.
Nel Vosloo G7 (regs) het die eerste plek verower, tweede plek het gegaan na Jacques Mostert G4 (links) en die derde plek na Antony van Oudtshoorn G1. Foto's: Wolfchild Fotografie & Designz
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'