Gallery
SPORTNUUS - Atlete van groter Mosselbaai, wat Sondag, 28 Augustus, aan die Comrades-ultramarathon gaan deelneem, is verlede Saterdag deur die Nedbank-drafklub (SWD), bederf met 'n heerlike ontbyt en 'n 5km pretdraf om die litte los te maak.
Volgens Alta Zeelie, organiseerder van die drafklub en self 'n deelnemer aan die ultramarathon, spandeer atlete ongelooflik baie tyd en energie om voor te berei vir die "ultimate human race".
FOTOGALERY: Nedbank-drafklub (SWD) word bederf
Die Nedbank-drafklub in samewerking met verskeie borge, wou met dié geleentheid voornemende Comradesdeelnemers bemoedig en saam 'n heerlike oggend geniet, voor hulle aan die wedloop gaan deelneem.
Ronel Pieterse (Nedbank-drafklub), Johan Visser, Comrades-atleet wat die Comrades Vasvra-trofee gewen het, Alta Zeelie (Nedbank-drafklub) en Jaco Potgieter (Hennies Hartenbos).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'