MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Neill Calitz-skietklub se twee weeklikse skietoefening wat verlede Woensdag, 10 Maart plaasgevind het, was goed bygewoon.
Calie Brown het behoorlik geskitter deur beide die .22- en 9mm-afdelings te wen.
In die .22 oor 10m teken Calie 'n prag 99/100 aan en klop in die proses vir Ivan Maddison wat net so 'n uitstekende telling van 97/100 aanteken en sodoende die tweede plek inneem.
In die 9mm oor 10m deel Calie die eerste posisie met Gerrie Bester. Beide teken 'n prag 90/100 aan om saam bo te eindig.
Uitslae
Uitslae van die dag is:
.22: 1. Calie Brown; 2. Ivan Maddison; 3. Suzette Herrer; 4. Danie le Roux; 5. Thomas Phillips; 6. Gerrie Bester; 7. Kara Hattingh; 8. Hans Willemse; 9. Gert Nel; 10. Liam Brown.
9mm: 1. Calie Brown en Gerrie Bester; 3. Pieter Cronje; 4. Danie le Roux; 5. Rey Roodt; 6. Hans Willemse.
Die volgende oefening vind op Woensdag, 24 Maart vanaf 09:00 by die Pienaar-skietbaan plaas. Alle lede is welkom en word daaraan herinner dat alle Covid-19-protokol gehandhaaf moet word.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Neill (072 842 4850) of Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'