MOSSELBAAI SPORTNUUS - Calie Brown het Woensdag 'n goeie dag op die skietbaan beleef toe hy 'n voltal met die 9mm oor 10m geskiet het. Hy het ook die beste met die .22 gevaar deur 97/100 oor die 10m te skiet.
Die ander manne wat aan Woensdag se twee weeklikse skietoefening van die Neill Calitz-skietklub deelgeneem het, het almal ook puik geskiet.
Uitslae
.22: 1. Calie Brown; 2. Bennie van den Heever; 3. Ivan Maddison en Gerrie Bester; 5. Danie le Roux en Gert Nel; 7. Liam Brown; 8. Rob Cumming.
9mm: 1. Calie Brown; 2. Bennie van den Heever; 3. Pieter Cronje; 4. Gerrie Bester; 5. Rey Roodt; 6. Danie le Roux en Riaan Botha; 8. Gert Nel; 9. Ivan Maddison.
Saterdag
Die klub se maandelikse skietkompetisie vind op Saterdag, 5 Junie vanaf 09:00 op die Pienaar-skietbaan plaas en die volgende oefening op Woensdag, 16 April vanaf 09:00. Alle lede is welkom en word daaraan herinner dat alle Covid-19-protokol gehandhaaf moet word.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'