MOSSELBAAI NUUS - Cali Brown het uitstekend gevaar in die afgelope Saterdag, 3 September, se maandelikse skietkompetisie van die Neill Calitz-skietklub deur vier van die vyf dissiplines te wen.
Hy skiet 99/100 oor die 10m, 91/100 oor die 20m, klits al vyf metaal silhoeëtte plat en behaal 42/50 met die 9mm oor 10m. Hiermee samel hy vir homself 42 punte in en sluit die kompetisie as skut van die dag af.
Suzette Herrer eindig tweede, Gerrie Bester derde, Willie Germishuys vierde en Ivan Maddison vyfde.
Uitslae
- .22 oor 10m: 1. Cali Brown; 2. Suzette Herrer; 3. Gerrie Bester; 4. Willie Germishuys; 5. Johan Uys; 6. Donovan Day; 7. Ivan Maddison; 8. Johanna Germishuys; 9. Liam Brown.
- .22 oor 20m: 1. Cali Brown; 2. Willie Germishuys; 3. Gerrie Bester; 4. Suzette Herrer; 5. Johanna Germishuys; 6. Johan Uys; 7. Ivan Maddison en Donocan Day; 9. Liam Brown.
- .22 snelvuur oor 20m: 1. Willie Germishuys; 2. Suzette Herrer; 3. Ivan Maddison; 4. Cali Brown; 5. Gerrie Bester; 6. Donovan Day; 7. Johanna Germishuys; 8. Johan Uys; 9. Liam Brown.
- 10m - 20m metaal silhoeëtte: 1. Cali Brown; 2. Donovan Day en Willie Germishuys; 4. Johan Uys, Ivan Maddison, Suzette Herrer, Johanna Germishuys en Gerrie Bester; 9. Liam Brown.
- 9mm oor 10m: 1. Cali Brown en Ivan Maddison; 3. Gerrie Bester; 4. Suzette Herrer; 5. Johanna Germishuys; 6. Johan Uys.
Alle lede is welkom om aan die kompetisie deel te neem.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 14 September vanaf 09:00 tot 12:00 plaas. Die volgende skietkompetisie vind op Saterdag, 1 Oktober plaas.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'