GROOT BRAK-RIVIER NUUS - Groot Brak-rolbalklub se top span moes hul weg oopveg tussen 24 spanne in die jaarlikse mans driespelkompetisie om uiteindelik as die wenners gekroon te word.
Die klub het nie vanjaar 'n borg vir die kompetisie gehad nie, maar dit het hulle nie van stryk gebring om nog steeds 'n baie suksesvolle toernooi aan te bied nie.
Verskeie klubs het spanne vir die kompetisie ingeskryf wat hulle beste op die baan gegee het.
Die wenspan van Groot Brak se lede was Hannes Kunz, André Lombard en Johan Pretorius.
Die spanlede van die naaswenners van Mosselbaai-rolbalklub was Pieter Koekemoer, Marius Roberts en Jurgens Truter.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brak-Rivier, Tuinroete nuus'