HARTENBOS ROLBANUUS - Hartenbos-rolbalklub het op 24 November die Personal Trust-borgdag aangebied.
Met 24 spanne was die bane vol, spanne wat kom deelneem het, het onder andere vanaf Vista, Groot Brak, Outeniqua en Oudsthoorn gekom. Dit was 'n heerlike warm dag met strawwe kompetisie, elke span het drie wedstryde gespeel.
Die eerste vier spanne het kontant pryse gewen en spanne 5, 6 en 7 het almal met heerlike wyn weggeloop.
"Baie dankie aan almal wat bygedra het om van hierdie dag 'n sukses te maak. 'n Besondere dank gaan ook aan prof Stadler van Personal Trust, wat die dag geborg het, sonder borge kan die klubs nie sulke heerlike dae aanbied nie, en aan die vroue wat heeldag hard gewerk het en almal met heerlike etes bederf het."
Annalene van Heerden se span in die kombuis.
Die span van Joey Labuschagne, Willem Theron, Eben Fourie en Rina Theron het tweede geëindig. Regs is prof Stadler van Personal Trust.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'