MOSSELBAAI NUUS - Die span van Arthur Stevens, Piet Botha, Jan Meyer en Cliff Hartman het as oorwinnaar van die baan gestap tydens Hartenbos-rolbalklub se onlangse maandelikse Spar-borgdag.
'n Totaal van 76 lede en 20 besoekers het die aan dié kompetisie deelgeneem.
Groot waardering vir Hartenbos Spar wat al die pryse geborg het.
Daar word altyd tydens hierdie borgdag met groot entoesiasme gespeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'