Gallery Video
MOSSELBAAI SPORT NUUS EN VIDEO'S - Die bewusmaking- en aanvaardingsveldtog vir outisme en mense met gestremdhede wat sedert 17 April in Mosselbaai gehou is, is op Donderdag, 27 April, afgesluit met 'n Blue Run - Fun Walk buite Hartenbos.
Stappers en drawwers, ondersteuners en familie van outisme en ander gestremdes, het Donderdagoggend net na 08:00 die fris April luggie trotseer om die 5km staproete te voltooi.
FOTOGALERY: Blue Run sluit af op goeie noot
Die meeste deelnemers was in blou getooi wat die amptelike kleur vir Outisme bewustheid is.
Diane Hobbs, direkteur van die ETHAN projek (Education Training Hub for Autism Needs), is baie tevrede met die bewusmakingveldtogte, wat die afgelope twee weke in die Mosselbaai streek gedoen is.
"Ons het 'n inkleurkompetisie tussen skole geloods om bewustheid vir mense wat anders is by kinders aan te moedig. Die voorlegging aan die Mosselbaai-munisipaliteit deur verskillende organisasies, wat mense met gestremdhede verteenwoordig, was 'n groot sukses en ons glo dat vennootskappe tussen verskillende belangegroepe tot oplossings gaan lei. Die Blue Run was 'n lekker ontspannende manier om die outisme en mense met gestremdhede bewusmaking- en aanvaardingsveldtog mee af te sluit."
Video - Yolandi Hewitt vertel meer oor die draadkar- en kaskarprojek tydens voorbereidings in Hoogekraal.
Video - Blue Run to celebrate Autism and People with Disabilities Awareness campaigns held in April
Die twee deelnemers was in blou geklee om die Blue Run te doen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’