MOSSELBAAI NUUS - Woensdag, 16 Maart se skietoefening van die Neill Calitz-skietklub is goed bygewoon met baie goeie resultate wat gelewer is.
Bennie van den Heever het met sy 100/100 oor die 10m beklemtoon dat hy huidig die skut is wat geklop moet word.
Calie Brown (97/100), Willie Germishuys (96/100), Suzette Herrer (95/100), Hans Willemse (92/100) asook Gerrie Bester en Liam Brown (beide 90/100) het ook puik geskiet.
Oor die 20m was dit ook Bennie (88/100) wat die beste gevaar het. Johanna Gemishuys het verras en die tweede plek ingeneem met Willie in die derde plek.
Calie het sy stem in die 9mm dikgemaak deur 'n prag 49/50 te behaal. Gerrie behaal die tweede plek met Hannes Ingram en Willie in die derde plek.
.22 oor 10m: 1. Bennie van den Heever; 2. Calie Brown; 3. Willie Germishuys; 4. Suzette Herrer; 5. Hans Willemse; 6. Gerrie Bester en Liam Brown; 8. Rob Cumming; 9. Johanna Germishuys; 10. Ivan Maddison; 11. Gert Nel; 12. Hannes Ingram.
.22 oor 20m: 1. Bennie; 2. Johanna; 3. Willie; 4. Calie; 5. Suzette; 6. Gerrie; 7. Hannes.
9mm oor 10m: 1. Calie; 2. Gerrie; 3. Hannes en Willie; 5. Bennie, Gert en Johanna; 8. Ivan; 9. Hans.
Skuts kan op Saterdag, 2 April die klub se maandelikse skietkompetisie bywoon.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 13 April vanaf 09:00 tot 12:00 plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'