MOSSELBAAI SPORTNUUS - Bennie van den Heever en Willie Germishuys het tydens Saterdag se maandelikse skietkompetisie van die Neill Calitz Skietklub beide 56 punte ingepalm om die titel as skut van die dag te deel.
Danie le Roux het net so goed gevaar en eindig in die derde plek met Hannes Ingram in die vierde en Calie Brown in die vyfde plek.
Die kompetisie het in ideale weersomstandighede plaasgevind en skuts kon met 9mm, .22-handwapens en -gewere asook luggewere meeding.
Uitslae
.22 oor 10m: 1. Calie Brown; 2. Willie Germishuys; 3. Bennie van den Heever en Danie le Roux; 5. Hannes Ingram; 6. Gert Nel; 7. Ivan Maddison; 8. Suzette Herrer, Hans Willemse en Johanna Germishuys; 11. Johan Uys; 12. Ruan de Bruin; 13. Liam Brown..22 oor 20m: 1. Danie le Roux; 2. Bennie van den Heever; 3. Gert Nel; 4. Hannes Ingram; 5. Calie Brown en Willie Germishuys; 7. Johan Uys; 8. Suzette Herrer; 9. Johanna Germishuys; 10. Ruan de Bruin en Hans Willemse; 12. Liam Brown; 13. Ivan Maddison.
.22 snelvuur oor 20m: 1. Suzette Herrer en Willie Germishuys; 3. Calie Brown; 4. Hannes Ingram; 5. Bennie van den Heever en Gert Nel; 7. Hans Willemse; 8. Johanna Germishuys; 9. Liam Brown; 10. Ivan Maddison; 11. Ruan de Bruin; 12. Danie le Roux en Johan Uys.
9mm oor 10m: 1. Ivan Maddison en Hans Willemse; 3. Bennie van den Heever; 4. Hannes Ingram, Gert Nel, Willie Germishuys en Danie le Roux; 8. Calie Brown; 9. Johan Uys; 10. Johanna Germishuys; 11. Sumsodine September; 12. Ruan de Bruin; 13. Suzette Herrer;
Metaal-silhoeëtte: 1. Bennie van den Heever; 2. Suzette Herrer, Danie le Roux, Hans Willemse en Willie Germishuys; 6. Hannes Ingram; 7. Ruan de Bruin, Calie Brown, Liam Brown en Gert Nel; 11. Ivan Maddison en Johan Uys en Johanna Germishuys.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 17 November vanaf 09:00 plaas. Die klub se jaarlikse afsluiting vind op Saterdag, 4 Desember plaas. Alle lede is welkom en word daaraan herinner dat alle Covid-19-protokol gehandhaaf moet word.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Neill (072 842 4850) of Suzette (082 478 8090).
Skuts in aksie met die .22-handwapens oor 20m.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'