Update
RIVERSDAL SPORTNUUS - Riversdal-rolbalklub se eerste spel vir 2021 het op Saterdag, 16 Januarie 20 spelers gelok.
Die spelers het in pare meegeding, met Marius Saayman en Retha Lategan wat as wenners van die baan gestap het.
Hulle het elk 'n SuperSpar-koopbewys gewen.
Charl Nortjé, woordvoerder vir die rolbalklub het die versekering gegee dat spel streng volgens Covid-19 reëls en regulasies gespeel is, soos deur Rolbal SA voorgeskryf.
Tans mag daar slegs spel in pare spel plaasvind. Alkoholverkope by die klubhuis is ook op vlak 3 van die Covid-13-regulasies verbode.
Die klub se algemene jaarvergadering vind op Dinsdag, 23 Februarie plaas waar alle beplanning vir die 2021-seisoen gedoen sal word.
Nuwe bestuurslede sal ook tydens dié vergadering verkies word.
Vorige artikel: Balle rol weer op Riversdal
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'