MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Netbalfederasie het verlede naweek hulle NSA Twizza-distrikskampioenskap in Mosselbaai gehou.
Uitspeelwedstryde asook finale is in beide die vroue- en mansafdeling gehou.
Die Van Riebeeck-stadion het as gasheer vir die toernooi opgetree.
Eden Netbal het die verrigtinge vroegoggend op Saterdag, 21 Mei begin deur 'n Supersport Let`s Play-toernooi en netbalkliniek vir 121 kinders vanuit die landelike gebied, Rooiheuwel aan te bied. Die federasie het ook ontwikkelingsproewe gehou waaruit twee spanne gekies is wat deel gaan neem aan die Weskaap-toernooi wat in Augustus vanjaar op Mosselbaai aangebied word.
Die Knysna Jaguars het in die mansafdeling met die louere weggeloop en onder die vrouespanne, was Hartenbos die wenners. Hartenbos, bekend in die kompetisie as Cayote het Dazzling Divas van George 25 – 14 in die finaal geklop. Die mans finaal was `n naelbytwedstryd waar Jaguars Evergreens 21 – 19 geklop het.
Verskeie manspanne het ook deelgeneem.
Die federasie bedank alle skeidsregters en deelnemende klubs.
"Die wenners en naaswenners gaan ons distrik verteenwoordig by die provinsiale Twizza-kampioenskap wat op 23 Julie in die Paarl gehou word. Ons wens die spanne sterkte toe met hul voorbereidings," sê René Booysen van Eden Netbal.
Sunette Marais van Eden Netbal moedig aan van die kantlyn af. Foto's: Sharlton Groenewald
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'