Saterdag, 4 Februarie se individuele syfer plus-kompetisie is deur die plaaslike spelers oorheers. Kosie Otto was op sy allerbeste en vanaf 'n voorgee van 13 teken hy 'n verstommende +8 aan en wen die A-afdeling op 'n drafstap. Een van ons belowende juniors, Wouter Dercksen, het in die B-afdeling geskitter met +7, terwyl Lood Loubser op +6 sy staal in die C-afdeling getoon het.