MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Donderdag was dit weer tyd vir ‘n bietjie pret toe ‘n Valentynskompetisie by Mosselbaai-gholfklub se vroue-afdeling gehou is.
‘n Variasie van die gewone driebal alliansiekompetisie, die Waltzing Mathilda het die vroue aan die raai gehou oor wat ‘n goeie telling sou wees vir ‘n wen.
Uiteindelik was dit Christe-mari Meyer en haar span wat met die louere wegstap het.
Die wenners vir die dag:
1. Christe-mari Meyer, Carien Kruger en Drini Kuhn (79 punte);
2. Corné Marais, Martie du Toit en Shirley Greig (79 punte);
3. Gail Botha, Annette Meyer en Diana Geldenhuys (77 punte).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'