MOSSELBAAI NUUS - Donderdag, 31 Januarie was dit oudergewoonte die Mosselbaai vroue-gholfspelers wat die gholfbaan aan die brand gespeel het.
Daar was 40 spelers wat vir die IPS-kompetisie ingeskryf het.
Baie sterk mededinging het gesorg dat dit heelwat konsentrasie gekos het om as wenner uit die stryd te tree,
Die uiteindelike wenners was soos volg:
1. Ineke Botes en Leatitia Higgs (43).
2. Marina Juta en Christe-Mari Meyer (42).
3. Marianda de Villiers en Ilze Nel (42).
4. Gail Botha en Gloria Greyvenstein (42).
IPS: 1. Monica Slavin (30); 2. Cheryl Tooth (29).
Minste sette: Hanlie de Villiers (27).
Naaste-aan-die-pen: Norma Potgieter (15de putjie).
Spogtweetjies: Gloria Greyvenstein.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'