MOSSELBAAI GHOLF-NUUS - Die Mosselbaai vrouegholfjaar is op 'n hoogtepunt afgeskop op Donderdag, 17 Januarie toe vroue gholfspelers bymekaar gekom het vir 'n heerlike gholfdag en 'n gesellige spitbraai na die prysuitdeling.
'n Houespel-kompetisie het die vroue deeglik getoets na die lang Desembervakansie.
Die uitslae was as volg:
- Silwer-afdeling: 1. Ina Swart (70) en Kim de Klerk (72).
- Brons-afdeling: 1. Hanlie de Villiers (67) en 2. Leoni De Beer (70).
- Koper-afdeling: 1. Sabine Schultz (72) en Mariaan Hadiaris (80).
- IPS: 1. Monica Slavin (30) en 2. Cheryl Tooth (29).
- Minste sette: Hanlie de Villiers (27).
- Naaste aan die-pen: Sabine Schultz (agtste).
- Spogtweetjies: Madelien Coopman.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'