BOGGOMSBAAI SPORTNUUS - Niemand glo regtig in foefies nie en baie mense sien Valentynsdag net as 'n slenterslag om jou uit 'n hele klomp rande te kul.
Maar ons glo meestal almal in die liefde en daarom is dié dag dan ook lekker vir mense wat in daardie spesiale gevoel vir iemand anders glo.
So het die Boggomsbaai-gholfklub dan ook verlede Saterdag, 'n dag voor Valentysdag, in die gees van welwillendheid en omgee aan die spesiale okkasie deelgeneem.
Een van ons spelers, Johan "Flaps" Winterbach, en sy vrou Elsona, het die hele feestelike geleentheid geïnisieer en geborg met 'n klomp pryse. Baie dankie aan julle twee vir die mooi inisiatief en die spesiale moeite wat julle gedoen het om die geleentheid so lekker vir almal te maak. Om vir Tannah Harris, oud-president van Suid-Kaap Gholf in 'n kortbroek te sien, en nogal in 'n pienke, was 'n unieke en seldsame verskynsel!
In die individuele stablefordkompetisie het niemand beter gespeel as die borg self nie! Skitterende gholf, Flaps!
Uitslae
Die uitslae was as volg:
1. Flaps Winterbach 42; 2. Gert Opperman 39; 3. Pieter le Roux 35; 4. Johan Muller 35; 5. Andries van Schalkwyk 33 en 6. André Beukes 33.
Die naaste aan die penne is gewen deur Jaco Pienaar op 6/15 en Bennie Pienaar op 9/18. Naaste aan die pen vir twee op 8/17 was Henk Pienaar.
Ons vleisdag is op 27 Februarie en op 20 Maart bied die klub 'n beginnersdag aan waar elke gholfspeler saam met 'n beginner in 'n American
Scramble-kompetisie speel. Enigiemand wat graag wil kom deelneem, kan vir Flaps (072 483 3770) of André (082 460 0503) kontak.
'Ons bring jou die nuutste Boggomsbaai, Tuinroete nuus'