Boonop het Jors Troelie dié waarheid verneem uit die bek van een van die (wen)perde, Deirdré van Niekerk. Dit word ook bevestig deur 'n vergelyking van die individuele pogings met die spanprestasies. Nog Deirdré, nog haar maat, Magda Griesel, het hul heel beste gholf gespeel, maar hulle het uitstekend geswaelstert. Na die eerste nege was hulle reeds 25 punte sterk.
Volgens Deirdré, wat hoeka set-ghoeroe-status geniet, het Magda wanneer sy vir Deirdré 'n lyn gevra het, dit nougeset gevolg. Sy het twee keer vier punters gesink. Selfs Jors Troelie verstaan nou wat die spreukryke Salomo bedoel het met: "Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is." (Waar sou die "Angel-Saksers" tog kom aan: "Too many cooks spoil the broth"?).
Maar, nog steeds in die Rooitaal-idioom, dit was geensins 'n eenperd-resies nie. Kannie-dood (in die gholf-idioom) Dawn Wessels en Jacqui Rancke wat in dieselfde vierbal was, wou ondanks 'n agterstand van vyf punte na nege putjies, net nie bes gee nie en het twee punte op die voorlo-pers ingehaal oor die tweede nege. Dit was egter nie goed genoeg vir die tweede plek nie, want Ina Swart en Rita Wienand het net een punt minder as die wenners losgeslaan.
Die volledige uitslae was soos volg: 1. Magda Griesel en Deirdre
van Niekerk (43); 2. Ina Swart en Rita Wienand (42); 3. Dawn Wessels en Jacqueline Rancke (40) punte met 'n uittel teen Betsie Fourie en Berit Gronnevet. Sabine Schultz was naaste aan die pen op nommer 8
Die (wyse) wenners is: Dawn Wessels, Jacqui Rancke, Ina Swart, Sabine Schultz, Rita Wienand, Deirdré van Nieierk en Magda Griesel.
ARTIKEL: JORS TROELIE