MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Een van die Boggomsbaai-gholfklub se getrouste vriende, Prima Part van Mosselbaai, het verlede Saterdag borgdag by die klub aangebied. Die
eienaar, Abrie Barkhuysen, sê die Boggomsbaaiers lê hom baie na aan die hart en dat dit vir hom plesier is om daar te borg. Baie dankie, Abrie, ons ondersteun jou ook graag. Die wêreld het al weer vinnig afgedroog na die onlangse reën, maar onder omstandighede lyk die gholfbaan nog goed. Die wind het ook vir
verandering saamgespeel om dit heerlike dag op die gholfbaan te maak.
Uitslae
In die Beterbal-Stablefordkompetisie het die volgende spelers die beste gevaar:
1. Theo en Fanie Wessels 44, 2. Pienie en Hennie Pienaar 43, 3. Tannah Harris en John van Rensburg 43, 4. André Beukes en Ernest Roux 43, 5. Willem en Willie van Wyk 42, 6. Malan Cronjé en Philip Fourie 41, 7. Chris Feiertag en Hardus van Zyl 40 en 8. Henk Pienaar en Henco Beukes 37. Naaste aan die penne is gewen deur Jaco Pienaar op 6/15 en Henko Beukes op 9/18
Borgdae
Op Saterdag, 21 Desember vind die Buffelsdrift Game Lodge se borgdag plaas. Dis IPS-kompetisie en gaan met "shot-gun" begin om 10:30. Die laaste borgdag van die vakansie word op 29 Desember deur Supa Quick van George aangebied. Dit is ook IPS. Almal is welkom. Kontak vir André Beukes (082 460 0503) om in te skryf.
Wenners van die Prima Part-borgdag: Fanie Wessels (Theo afwesig), John van Rensburg en Tannah Harris, en Hennie en Pienie Pienaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'