MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Mosselbaai-gholfklub se Winter-uitklopkompetisie vorder fluks na 'n hoogtepunt toe.
In die kwarteindronde van die enkelspel kom die ervare Wiekus Pretorius teen 'n entoesiastiese Dawie de Beer te staan.
Michael Kriel wat tot dusver alles voor hom wegggevee het, kan dalk sy rieme styfloop teen die bestendige Sakkie Morrison. Twee geharde seniors, André du Plessis en John Blythe-Wood, sal geen genade vir mekaar betoon nie en hier word 'n titaniese stryd in die vooruitsig gestel.
Gert Pieterse wag in spanning om te sien of hy vir Chris Brits of Hendrik Kriek die stryd sal moet aansê. In die dubbelspel moet die pa-en-seun-kombinasie van Johann en Danie van Langelaar hulle staal toon teen Ricus Serfontein en Francois de Lange. Dawid Upton en Bernardt Liebenberg se kombinasie dwing respek af en Chris Brits en Dawid Wandrag sal hulle allerbeste moet lewer om sukses te behaal.
Lentedag
Bounty Wildsverwerking se individuele stableford borgdag op Lentedag, Woensdag 1 September, het weer spelers van oral bymekaar laat kom.
Waldo Vorster het hom goed van sy taak gekwyt en op 42 punte het hy sukses in die uittel-proses teen Hannelie Borchardt behaal, wat die gewilde naaswenner was.
Tim Fehrsen (41 punte) het die derde plek ingeneem, met Danie van Langelaar (39 punte) in die vierde plek. Maurice Bernardo, Ian Pautz, Clive Kaptein en Ryk Smit, almal op 38 punte, kon ook nog 'n vuurtjie gaan aansteek.
Saterdag
Die vierbal alliansie kompetisie van Saterdag, 4 September het die spelers behoorlik getoets. Al vier die tellings moes bymekaar getel word en hier het Talvin Schultz sy span, Brown Vorster, Michal Kriel en Clive Kaptein, pragtig bymekaar gehou en op 136 punte het hulle die wennerspodium betree. Daar is hard om die tweede en derde plekke baklei (127 punte), maar na die uittel het Dean Bouwer, George Barrett, Hein en Heinrich Rehr tweede geëindig en Chris van den Berg, André Zeelie, JJ Joubert en Joan Zietsman in die derde plek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'