MOSSELBAAI GHOLF NUUS - Die jaarlikse Jakkalsvlei-borgdag is 'n baie gewilde dag op die gholfkalender van die Boggomsbaaispelers.
Die stryd om te wen en met 'n paar bottels wyn huis toe te gaan, spoor die spelers tot groot hoogtes aan.
Verlede Saterdag was geen uitsondering nie en die twee wenspanne het in die beterbalkompetisie uitstekende spel gelewer. Jantjie Jonker, eienaar van Jakkalsvlei Wynlandgoed, is 'n bekende by die Boggomsbaai-gholfklub. Al die spelers wat in die omgewing boer, ken hom goed en hy was ook al 'n paar keer in die klub op Boeriegholfdae. Jantjie, baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning aan ons klub! Daar is 'n hele klompie spelers wat jou wyn gaan geniet in die Kerstyd!
Uitslae
Die volgende pare het die beste gevaar in die Beterbal-Stablefordkompetisie:
1. Tinus Prinsloo en Malan Cronjé 49; 2. Cassie Swanepoel en Ernest Roux 46; 3. Willie en Willem van Wyk 44; 4. Bennie Pienaar en Gerrie Gouws 43; 5. Pieter le Roux en Thys Hugo 43; 6. Philip Fourie en Marius Loubser 42; 7. Gert Opperman en Johan Kemp 40.
Die naaste aan die penne is gewen deur Gerrie Gouws op 6/15 en Pienie Pienaar op 9/18.
Op Saterdag, 14 Desember borg Mosselbaai Toyota 'n IPS-kompetisie op Boggoms en op Woensdag, 18 Desember borg Julyan Bruyns, sakeman van Heilbron en huiseienaar op Boggomsbaai, die dag se spel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'