MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Herbertsdale se gewilde Vleis- en Wyngholfdag vind op Vrydag, 10 Mei op die pragtige bane van die Mosselbaai-gholfklub plaas.
Die formaat is 'n beterbal stabelford en die koste beloop R200 per persoon.
Om in te skryf skakel Lizette (044 691 2379) by die Mosselbaai-gholfklub.
"Kom ondersteun ons en deel in die baie en goeie pryse," sê Lappies Labuschagne, organiseerder van die gholfdag.
Vir meer inligting oor die gholfdag kan Lappies gekontak word by 082 555 1466.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'