Saterdag, 3 September, het die triestige, reënerige weer 'n paar bittereinders nie afgesit nie. Die A-afdeling van die beterbal houespelkompetisie is deur Gavin Reynolds en Noël Domingo op 62 houe gewen. In die B-afdeling het twee veterane, Hennie Klopper en Elias Engels hulle min aan die weer gesteur en op 62 houe die B-afdeling gewen.
Top juniors van dwarsoor die land sal in aksie wees en gholf uit die boonste rakke word in die vooruitsig gestel.
