Frans Smith van Stationery Warehouse het vele pryse weggegee met sy set-kompetisie en gelukkige trekkings. Dankie aan die borge wat in moeilike ekonomiese tye nog hulle pad oopsien om ons Gholfklub so goedgesind te wees.
Die beterbalkompetisie het goeie gholf opgelewer en in die A-afdeling (voorgee 0-24) het Wiekus Pretorius en Johan van Langelaar geseëvier met ‘n uitstekende 49 punte.
In die B-afdeling (voorgee 25+) het die 77-jarige Stefanus Cronjé (voorgee 16) en A Lambrechts geskitter op 50 punte. Die volgende spelers is ook met groot pakke vleis huis toe: D Tomlinson en B Power (49 punte), Avan Wyken J van Rensburg (49 punte), C Langenhovenen, B Badenhorst (48 punte), A Zeelie en J Barkhuizen (47 punte), D Gerber en A Locke (47 punte) en B Pheiffer en J Shelver (47 punte).
Dankie aan Langenhoven en die sakemanne wat elke maand hulle kant bring om van hierdie dag so ‘n groot sukses te maak.
Die verbruikersvriendelikheid van ons mooi baan sorg dat besoekers dikwels goeie tellings aangeteken. Dit was dan ook Saterdag 1 November die geval, toe Ian Jones en Hedley Pougnet (A-afdeling) van Gauteng die beterbalhouespel op 64 houe gewen het. Bart Saayman en Tobie Kock se 61 houe was goed genoeg om die B-afdeling in te palm.
Ian Pautzen Dave Steward (62 houe), Wikus Schoeman en Danie van Zyl (63 houe) en Roger Price en Frans Marx (63 houe) het ook nie met leë hande huis toe gegaan nie.
Twee van ons liga-spanne, die B- en C-span, speel eerskomende Saterdag in die Suid-Kaapfinaal op George. Die B-span meet kragte met die gedugte Fancourt-span, terwyl die C-span die span van Riversdal aandurf.

Enkele van die wenners van die Sakemanne Golfdag was A Lambrechts, A van Wyk en J van Rensburg.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'