Oudergewoonte is die manne baie gasvry ontvang op Boggomsbaai en almal was dit eens dat die baan in 'n goeie toestand is as gevolg van die pragtige reëns van die afgelope tyd. "Ek dink dit is Jack Nicklaus wat gesê het dat gholf die enigste sportsoort is waar jy met 'n 20% suksestempo nog steeds die beste speler in die wêreld kan wees.
By die Suid-Kaap SAGES hoef ons nie eers te kyk na persentasies om te bepaal wie in 2014 ons topspeler is nie. Grové Koch is nou al by drie van die vier byeenkomste onder die eerste twee pryswenners! Baie geluk, Grove! Dit kan net lekker wees as jou gholf op so 'n vlak is en daar bly!" het Marius Loubser gesê.
*Die uitslag van die Beterbalkompetisie is as volg:
1. George Deerans en Willem du Plessis 50
2. Grové Koch en Basie Nortjé 50
3. André Beukes en Chris Feiertag 45
4. André Goetz en Tinus Prinsloo 45
5. Cassie Swanepoel en Hannes Mills 45
6. George Sadovski en Ben Klinck 44
Die twee naasste aan die penspelers is Ben Klinck en Tinus Prinsloo. "Baie dankie aan JC Slagtery wat tradisioneel ons naaste aan die penpryse geborg het. Ons waardeer dit baie!"
Die volgende SAGES-saamtrek is op 20 Mei op Heidelberg en die spelformaat is 'n "Four Ball Alliance" met twee tellings wat sal tel op elke gat.
Die wenners op Boggomsbaai is George Deerans, Paul de Villiers (SAGES-president) en Willem du Plessis.