MOSSELBAAI NUUS - Dis lekker as mense handevat om 'n projek saam aan te pak, en as 'n mens dan nog 'n heerlike dag se gholf daarby kan inpas, dan kan dit net nog meer perfek wees.
Op Maandag, 4 September was dit so toe die Suid-Kaap Sages, die Mosselbaai Mosselkrakers en die Mosselbaai-gholfklub saamgewerk het om die laaste Sanlam Kansadag vir hierdie streek aan te bied.
Die bedrag van R5 170 is ingesamel vir Kansa, grootliks te danke aan 'n R1 000 skenking van die Mosselkrakers en die Mosselbaai-gholfklub wat 'n deel van hul inskrywingsgeld aan die insameling afgestaan het.
Die Suid-Kaap Sages het self gewoeker gedurende die jaar met spesiale insamelings en daarom kon die bedrag wat aan Kansa oorbetaal is, aansienlik hoër wees as vorige jare.
'n Lekker vol veld van 64 spelers het in drie afdelings meegeding. Mosselbaai se baan is in 'n pragtige toestand
Uitslae
Die volgende spelers die beste gevaar:
A-afdeling: 1. Dawid Gerber (Mosselbaai-gholfklub) 41; 2. Chris Barnard (Mosselbaai Sages) 38; 3. Tiaan Tredoux (Sanlam) 37; 4. Cassie Swanepoel (Boggomsbaai Sages) 36.
B-afdeling: 1. Thys van Staden (Mosselbaai-gholfklub) 39; 2. Denzil Geldenhuys (Riversdal Sages) 38; 3. Davey Roberts (Riversdal Sages) 35; 4. Alwyn Vorster (Stilbaai Sages) 34.
C-afdeling: 1. Gert Pieterse (Mosselbaai-gholfklub) 39; 2. Charlie Hendriks (Mosselbaai-gholfklub) 38; 3. André Lock (Mosselbaai-gholfklub) 3; 4. George Sadowski (Mosselbaai Sages) 36.
Naaste aan die penne is gewen deur Ernest Roux van Boggomsbaai op 4, Bertus Marè van Mosselbaai op 8, Ben Wentzel van Mosselbaai op 12 en Basie Nortjè van Riversdal op 15. Richard Fuller van Mosselbaai en Ben Wentzel het spogtwees behaal. Die volgende Sagessaamtrek is die gekombineerde stablefordkompetisie op Boggomsbaai op 10 Oktober.
Wenners van die Sanlam Kansadag op Mosselbaai is Denzil Geldenhuys (B-afdeling), Lucinda Viljoen (Kansaverteenwoordiger), Dawid Gerber (A-afdeling), Grove Koch (Sages voorsitter), Tiaan Tredoux (Sanlam) en Gert Pieterse (C-afdeling). Afwesig: Thys van Staden (B-afdeling).
* Sien bedankings op brieweblad.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'