MOSSELBAAI NUUS - As die Suid-Kaap Sages die Boggomsbaai-gholfklub besoek, dan is daar gewoonlik ? gees van afwagting by die plaaslike spelers en die klub gaan uit sy pad uit om al die besoekers so gasvry as moontlik te ontvang.
Verlede Dinsdag, 8 Oktober, was dit dan ook so, van die lekker ontbyt wat voorgesit is tot die pryse wat die plaaslike spelers geskenk het.
Die weer het ook saamgespeel om dit ? heerlike gholfdag te maak.
Die formaat vir die dag se spel was ? vierbal alliansie met vier tellings op die syfer 3's, drie op die syfer 4's en twee op die syfer 5's.
Spanne is ook so ingedeel sodat verskillende klubs se spelers saamspeel.
Die uitslag was as volg:
- Tinus Prinsloo en Jan Taljaard (Boggomsbaai), Fred Bull en Nic Marais (Mosselbaai) 124.
- Paul de Villiers en Walter Diederichs (Riversdal), Cassie Swanepoel en Marius Loubser (Boggomsbaai) 123.
- Stoffel en Breggie Maritz (Mosselbaai), Ernest Roux en Bennie Pienaar (Boggomsbaai - Bennie het as spookmaat opgetree) 121.
- Hannes Mills en Fanie Wessels (Boggomsbaai), Rodney Page en Alwyn Vorster (Stilbaai) 118.
- George Sadowski en Pieter Vaughan (Mosselbaai), Martin en Eleonor Speelman (Boggomsbaai) 112.
- Johan Muller en Bennie Pienaar (Boggomsbaai), Wessel de Bruyn en Tony Postma (Stilbaai) 111.
Naaste aan die penne is gewen deur Stoffel Maritz van Mosselbaai op 6/15 en Pat Tavener van Stilbaai op 9/18. Walter Diederichs en Grové Koch van Riversdal en Fanie Wessels van Boggomsbaai het spogtwees aangeteken.
Baie dankie aan JC Slagtery van Riversdal vir hul borgskap van die naaste aan die penne.
Die volgende Sagessaamtrek is op 5 November op Stilbaai wanneer die Suid-Kaap Sages sake sal uitspook om die Hennie Huyser-trofee in ? beterbalkompetisie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'