BOGGOMSBAAI NUUS - Die Suid-Kaap Sages het op Dinsdag, 26 Maart op Boggomsbaai gespeel.
Na die reën van die afgelope paar weke lyk Boggomsbaai se gholfbaan so goed soos wat hy kan lyk. Dit is duidelike bewys van die dankbaarheid van die wêreld hier rond as dit gereën het.
'n Totaal van 48 spelers het deelgeneem aan geelbal beterbal stablefordkompetisie.
Jy en jou maat speel om die beurt met die geelbal en die speler met die geelbal se Stablefordtelling verdubbel. Interessante formaat en een wat taamlik baie druk plaas op die speler wat met die geelbal speel.
Al die spelers is vroegoggend getrakteer op heerlike ontbyt by die Boggomsbaai-klubhuis wat Hanna Roux vir hulle voorberei het. Boggomsbaai se gholfklub is bekend vir hulle gasvryheid en mens soos Hanna maak dit net nog lekkerder daar.
Uitslae
In die kompetisie het die volgende pare die beste tellings behaal:
1. Stoffel en Breggie Maritz (Mosselbaai) 78; 2. Johan Swart en Wessel de Bruyn (Stilbaai) 74; 3. Eleonor en Martin Speelman (Boggomsbaai) 73; 4. Walter Diedericks (Riversdal) en Gert Pieterse (besoeker van Mosselbaai) 71; 5. Leon en Noelle van Schalkwyk (Boggomsbaai) 69; 6. Nic Marais en Buks Reynders (Mosselbaai) 68; 7. Chris Barnard en Dawid Gerber (Mosselbaai) 67; 8. André Beukes en Philip Fourie (Boggomsbaai) 64.
Naaste aan die penne is gewen deur Leon van Schalkwyk op 6/15 en Wessel de Bruyn op 9/18. Die twee manne is ook die enigste twee wat spogtwees behaal het.
Groot dankie aan JC Slagtery van Riversdal wat die worspryse vir die naaste aan die penne en die bottel wyn vir Kansa geborg het. Twee van die Boggomsbaaispelers, André Beukes en Chris Feiertag, het ook die meeste van die wynpryse geskenk en verdien stewige klop op die rug.
Die volgende Sageskompetisie is op 23 April wanneer die Suid-Kaap en Outeniekwa kragte meet in die stigtersbekerkompetisie op George.
Wenners op Boggomsbaai: Martin en Eleonor Speelman, Stoffel en Breggie Maritz, Johan Swart en Wessel de Bruyn. Grove Koch, voorsitter van Suid-Kaap Sages, staan agter.
'Ons bring jou die nuutste Boggomsbaai, Tuinroete nuus'