MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Daar is elke jaar 'n kennelike opwinding onder die Boggomsbaai-gholfspelers as die Jakkalsvlei Wynlandgoed sy borgdag op Boggoms aanbied.
Ek dink die kombinasie van die heerlike wyne, ruim borgskap en die vooruitsig van 'n bottel of twee oor die feestyd dra alles daartoe by.
Hul advertensie op die voorblad van hul pamflet, Taste the Garden Route, sê dit alles.
Baie dankie aan die eienaar, Jantjie Jonker, vir jou goedgesindheid teenoor die Boggomsbaai-gholfklub.
Covid-19 wil-wil maar probeer om 'n demper op alle gholfbedrywighede te plaas, maar ons pas goeie veiligheidsmaatreëls toe en probeer die gholfdae so aangenaam as moontlik vir die gholfspelers maak.
Verlede Saterdag het die Jakkalsvlei borgdag, na 'n paar reënbuie vroeg die oggend, in perfekte weer afgeskop en in die samespel-stablefordkompetisie het die volgende pare die beste gevaar:
1. Ernest Roux en André Beukes 48;
2. Willie van Wyk en Willem van Wyk 45;
3. Bennie Pienaar en Henk Pienaar 43;
4. Sakkie Wannenburg en Johan Muller 42;
5. Jaco Pienaar en Philip Fourie 40;
6. Tinus Prinsloo en Gert Opperman 39;
7. Van le Roux en Pieter le Roux 39;
8. Hannes Mills en Bart Saayman 38.
Naaste aan die pen op 9/18 is deur Van le Roux gewen.
Eerskomende Saterdag, 19 Desember, vind die gewilde Buffelsdrift Game Lodge-borgdag (IPS) plaas. Dan verskuif die fokus na 9 Januarie 2021 wanneer Supa Quick van George 'n individuele stablefordkompetisie aanbied.
Wenners op Boggomsbaai: André Beukes, Johan Muller, Sakkie Wannenburg, Willie van Wyk, Willem van Wyk en Ernest Roux. Voor Bennie Pienaar en Henk Pienaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'