MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Dit lyk vir my wanneer dit die dag 'n beterbal bonus bogey-gholfkompetisie is, dit die vroue afskrik en nie baie spelers hiervoor opdaag nie. Donderdag was 'n perfekte dag vir gholf. Lieflike sonskyn, geen wind en nie te warm nie, net reg vir goeie gholf. Waarom dan 'n klein veld? Is dit omdat dit 'n bonus bogey was?
Maar, hoewel die veld klein was, was die tellings wat aangeteken is, uitstekend met Rita Herhold en Drienie Kuhn (plus 9) los voor. Ek het saam met dié twee vroue gespeel en as jy nou praat van swaelstert kan ons almal 'n les by hulle leer. As die een nie daar was nie, was die ander een daar. Tweede, op plus 5 was Anzelle Zeelie en Annette Pretorius en derde, op plus 4 Marie Smith en Rachel Mulder. Uitgetel op plus 4 was Ineke Botes en Liesbet von Biene.
Spogtweetjies is deur Annette Pretorius op die 8ste en Regina Herbst op nommer 12 behaal.
Naaste aan die vlag op nommer 4 was Anzelle Zeelie. Ons was almal so bly om Anzelle terug te verwelkom na 'n afwesigheid van vier jaar. Ons hoop en vertrou sy sal nou gereeld saam met die vroue speel en dat die enkel nie verdere probleme sal gee nie en gou weer sterk word. Dit wys net, as jy goed is, bly jy goed!
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'