MOSSELBAAI NUUS - Die Vaatjie-gholfkompetisie wat jaarliks tussen Hoërskool Punt, Laerskool Park en Laerskool Hartenbos plaasvind, is op 10 November in winderige toestande aangebied.
Die wenners van die nege-putjiekompetisie was J Joubert en S du Plessis van Laerskool Hartenbos en die wenners van die 18-putjiekompetisie was G Steinhobel en Q D'Elboux van Punt.
Die algehele wenner van die Vaatjie-kompetisie was Punt met 118 punte, Park tweede met 114 punte en Hartenbos derde met 108 punte.
"Baie dankie aan die borge wat die pryse vir die kompetisie moontlik gemaak het en die spelers wat die kompetisie in goeie gees afgehandel het."
Punt-personeel wat by die kompetisie betrokke was: Quinton D'Elboux, Karen van den Berg, Jannie Slabber, Riekie Lessing, Michiel Neethling, Gustav Steinhobel, Marais Pelser en Imieel van Zyl.Voor is Kobus Swanepoel met die trofee.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'