HARTENBOS NUUS - Die ATKV-Hartenbos en Foundation57 het op Vrydag, 10 Maart hulle derde gesamentlike gholfdag by die Mosselbaai-gholfbaan gehou ten bate van Hartenbos Bejaardesorg en die iPapa57 Voedingsprogram.
Volgens Delmaine van der Merwe van die ATKV-Hartenbos was die dag was 'n groot sukses en sou nie moontlik gewees het sonder die borge en spelers nie.
Die opbrengste van die dag word aangewend vir die Hartenbos Bejaardesorgdiens wat ongeveer 105 bejaardes huisves sowel as Foundation57 se iPapa57 voedingsprogram vir 'n vroeë kinderontwikkelingskooltjie in Mosselbaai.
Die program voed daagliks 600 kinders in die ouderdomsgroepe 3 tot 5 jaar.
Volgens die organiseerders sien hulle baie uit om volgende jaar se gholfdag nog meer suksesvol te maak. Vir enige narvrae kontak vir Petrie Cronje (083 306 4396).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’