MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Die Boggomsbaai-gholfklub is in die bevoorregte posisie dat Jantjie Jonker, die eienaar van Jakkalsvlei, 'n sagte plekkie vir die klub het en elke jaar die gholfklub borg met 'n hele keur van bottels uit sy wynkelder.
Baie dankie, Jantjie, ons ouens het die dag baie geniet en ek is seker van die wenners gaan van die bottels hou om voor te sit met die groot etes rondom Kersfees.
Die Jakkalsvlei-borgdag het hierdie jaar Boggomsbaai se feesseisoen se borgdae ingelui op 1 Desember.
Die spelers het aan 'n beterbal stablefordkompetisie deelgeneem en die volgende pare het die beste gevaar:
1. Philip Fourie en Willem du Plessis 44
2. André Beukes en Andries van Schalkwyk 43
3. Willie en Willem van Wyk 42
4. Fanie Wessels en Hannes Mills 42
5. Tinus Prinsloo en John van Rensburg 42
6. Chris Feiertag en Malan Cronjé 40
Naaste aan die penne is gewen deur Tinus Prinsloo op 6/15 en Jaco Pienaar op 9/18.
Eerskomende Saterdag, 8 Desember borg Mosselbaai Toyota 'n IPS-kompetisie op Boggoms. Alle besoekers is welkom om in te skryf by André Beukes (082 460 0503). Die inskrywingsgeld is R100 per speler.
Wenners van die Jakkalsvleiborgdag: Willem en Willie van Wyk, Philip Fourie en Willem du Plessis, André Beukes en Andries van Schalkwyk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'