MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Die maandelikse vleisdag van die Boggomsbaai-gholfklub het 'n groot inspuiting gekry toe 'n nuwe intrekker, Johan Kemp, aangedui het dat hy elke maand die vleisdag wil borg met 'n bydrae van Trellidor.
Johan het 'n paar maande gelede uit Bloemfontein na Boggomsbaai verhuis en die Trellidor-agentskap in Mosselbaai en George oorgeneem.
Hy is self 'n enkelsyfer gholfspeler en het saam met sy vrou, Noeline, aktief ingeskakel by die Boggomsbaai-gholfklub se bedrywighede.
Die nuwe Trellidor-deur by die ingang van die kroeg is 'n skenking van hulle nadat daar vroeër die jaar by die gholfklub ingebreek is. Baie welkom aan julle twee en baie dankie vir die borgskap elke maand.
Uitslae
Die Trellidor-vleisdagkompetisie se formaat op Saterdag, 27 Augustus, was 'n vierbal-samespel met twee Stablefordtellings wat op elke putjie gegeld het.
Die wenners is Andries van Schalkwyk, André Beukes, Willem du Plessis en Gerrie Gouws met 89.
Tweede is Preben Kristensen, Sheldon Schultz, Flaps Winterbach en Willem van Wyk met 88 en derde is Tannah Harris, Philip Fourie, John van Rensburg en Hendrik Boshof ook met 88.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'