GHOLFNUUS - Die Mosselkrakers gholfgroep het onlangs een van die lede, Annette Meyer, se 90ste verjaarsdag gevier en is daar sommer lekker gebraai en saam gekuier.
Die Mosselkrakers is by die Mosselbaai Gholfklub geaffilieer en bestaan uit hoofsaaklik afgetrede lede wat elke Dinsdag en Vrydag byeenkom om so bietjie gholf te speel.
Die ledetal is huidiglik meer as 200 en groei steeds.
Om Annette se verjaarsdag so bietjie op te kikker is daar besluit om ‘n Vierbal van die oudste spelers, op die dag, saam te stel en hulle ook saam te laat speel. Dit het meegebring dat die vier se ouderdomme gesamentlik, ‘n allemintige 348 jaar was.
Die vier het bestaan uit Annette (90 jaar), Colin Buck (89.2), Buks Reynders (87.8) en Bertus Mare (81).
Dié groep het heerlike saam gekuier om die braaivleisvuur en ou gholfstaaljies met mekaar gedeel. Die dag het in uitmuntende gees afgeloop, en die Mosselkrakers vertrou dat hulle volgende jaar weer die rekordboeke sal kan herskryf met ‘n nog groter poging.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’