MOSSELBAAI GHOLF NUUS - Die 180 spelers wat op Woensdag, 13 Februarie aan die beterbal stablefordkompetisie deelgeneem het, het mekaar strawwe mededinging gebied.
Na die uittel op 47 punte kon die wenners bepaal word.
Sean Klingsick en Maurice Bernardo is as wenners aangewys. Attie van Niekerk en Stephen Terblanche het weer eens hulle gedugte kombinasie bevestig en het as naaswenners uit die stryd getree. Martiens Mulder het weer sy beste vorm herwin en saam met Johan Buys het hulle na die uittel derde geëindig. P Gouws en W Geldenhuys, W Schoeman en A Middel (45 punte), A van Wyk en H Kriek, P Good en W Mitchell (44 punte), het ook in die heerlike vleispryse gedeel.
Saterdag
Saterdag, 16 Februarie het 100 Reserve as borg van die dag opgetree.
Die stryd in die individuele stablefordkompetisie was fel en vyf spelers het
39 punte aangeteken wat die uittel-stelsel behoorlik beproef het. Hilton Duminy, seker die mees bestendigste speler in ons klub, het met die eerste prys weggeloop.
David Bourhill, Elaine D'Arcy, Niek Walvaren en Marais Pelser, het onderskeidelik tweede tot vyfde geëindig. Een van ons talentvolle juniors,
Wouter Dercksen (voorgee 6) het op 38 punte die sesde plek ingeneem, gevolg deur S du Plessis (voorgee 1), I Pautz (voorgee +2) en G Pieterse, almal op 38 punte. Baie dankie aan Kurt Williams verteenwoordiger van 100 Reserve.
Klubkampioenskappe
Ons jaarlikse Ou Mutual-klubkam-pioenskappe vind op Saterdag, 30 Maart en Sondag, 31 Maart plaas. Die kampioenskap vind oor 36 putjies plaas. Agtien putjies Saterdagoggend en die finale 18 putjies Sondagoggend. Dit is vir ons klub 'n spog geleentheid en ons versoek ons lede om in groot getalle in te skryf. Die inskrywingslyste is op die kennisgewingbord.
Medelye
Lees die klub se medelye met die heengaan van een van die lede, Nico Pienaar, op die brieweblad.
Die wenners van Woensdag, 13 Februarie se kompetisie is van links, S Klingsick, A van Wyk, H Kriek, W Schoeman en A Middel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'