Errol van der Westhuizen, wat tans goed op dreef is en die Woendag-kompetisie ook gebuit het, het as die wenner van die mansafdeling uit die stryd getree. Die wenner van die vrouekompetisie was Sandra Homann.
Chris van Staden, van Kindersorg, het die spelers, borge en organiseerders geloof vir hul geesdrif en belangrike bydrae ten bate van behoewende gesinne.
Japie Genis, wat ook goed gespeel het, was Woendag se naaswenner.
Die gewilde Sonsakkkompetisie wat elke Vrydag gespeel word, is deur Lappies Labuschagne met 23 punte gewen terwyl Ray Saul die naaswenner was.
Saterdag 6 September word 'n gholfdag by Dolphins Creek ten bate van die Afrikanerbord aangebied en alle belangstellendes is welkom om hul slag te wys.
Skakel Pine Pienaar by (044) 620 3278 vir 'n bespreking en verdere inligting.

Die wenners van die Kindersorg-gholfdag by die Dolphins Creek Gholfklub, Sandra Homann en Errol van der Westhuizen, staan hier vierde en vyfde van lnks by verteenwoordigers van Kindersorg. Hulle is van links Pieter van Niekerk, Chris van Staden, Mercia Cole, Dean Booysen en Heidi Juries.

Die presteerders van die Woensdag-kompetisie, Japie Genis (middel) - tweede plek en die wenner, Errol van der Westhuizen (regs) staan hier by die klub se voorsitter, Doors Mahne.

Die wenners van die vleispryse tydens die Sonsakkompetisie, Ray Saul (tweede) by die wenner, Lapies Labuschagne (regs).

Chris van Staden, van Kindersorg, bedank die betrokkenes by die suksesvolle borgdag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'