MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) hou 'n reeks gholfdae as deel van 'n noodsaaklike fondswerwing.
Die eerste hiervan is die geborgde Sanlam-gholfdag op 12 Maart by die Mosselbaai-gholfklub.
Putjies word verkoop vir R500 vir 'n gewone putjie en R1 000 vir die graswal of putting green. Belangstellendes kan 'n bof op putjie bespreek en 'n vierbal kos R1 000 wat die spelersfooi en 'n donasie aan Kansa insluit.
Die tweede word by Kingswood-gholfbaan op 13 Maart gehou. Putjies is beskikbaar teen R500 en kan vooraf deur besighede bespreek word. Normale ledefooi plus R150 as kompetisiefooi word gehef.
Die derde gholfdag is ook 'n Sanlam geborgde dag wat op 20 Maart by die bekroonde Pinnacle Point-gholfbaan gehou word. Putjies word verkoop teen R500 of 'n R1 000. Boonop is daar geleentheid om met 'n verskeidenheid rugbylegendes 'n vierbal te deel. Hierdie legendes sluit Tiaan Strauss, Marius Schoeman, Marius Joubert, De Wet Barry, Danie Gerber, Anton Leonard, Johann Kapp, Conrad Breytenbach, Hottie Louw, Braam Els, Mark Wood, Meyer Bosman, Manie du Toit, Gavin Hume, Charl Marais en Jaco Gouws in.
Die koste hier beloop R799 per persoon vir die drie. Om saam met 'n legende te speel is 'n addisionele R1 000. Die prys sluit 'n gholfkarretjie, spelersfooi, donasie aan Kansa en 'n ligte maaltyd tydens die prysuitdeling in.
"Pragtige pryse is by al hierdie gholfdae te wen en gholfspelers regoor die spektrum word uitgenooi om by van die gholfdae betrokke te raak," nooi Minette van Zyl van Kansa.
Kontak Minette van Zyl vir meer inligting (082 443 3601 of mvzyl@cansa.org.za)
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'