MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Johan Spangenberg het breed geglimlag toe hy die trofee as klubkampioen van Dolphins Creek-gholfklub omhoog hou.
Hy moes sy beste houe uithaal om uiteindelik as wenner met 105 punte uit die stryd te tree.
Die kampioenskap het vanjaar weer 'n groot aantal spelers gelok wat in goeie weer gekompeteer het.
Die uitslae van die onderskeie afdelings is:
A-afdeling: 1 Louis de Lange (96); 2 Johan Spangenberg (99); 3 Toelie Fourie (101).
B-afdeling: 1 Cobus van der Vlies (86); 2 Nic Oosthuizen (99); 3 Japie Genis (103).
C-afdeling: 1 Joan Sladden (93); 2 Pieter Venter (98); 3 Zelda de Lange (101).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'