Let wel: Jors Troelie het gesê "kan" en nie "sal" nie want daar was beslis "verblydende" omstandighede. Eerstens moes Joan wat op die vroue se kompetisiedae skynbaar meer orrel- as gholf speel, en haar spanmaats, na 'n uittellery van die wenners verlief neem met die tweede prys. Tweedens het sy haar geldprys aan die DBV geskenk.
Vir die edel gebaar is sy blitsig beloon toe sy onmiddelik ook die weeklikse gelukkige trekking gewen het.
Wat Jors Troelie laat wonder hoekom 'n skenking aan die DBV soveel sneller terugkom as "brood op die water". (Diegene wat dit wil beproef, kan gerus vir Joan skakel: 044-691 3830 of 083 231 3971).
Die uitslae van driebal-samespel was soos volg:
1. Rose-Marie Gerber, Elmarie van Niekerk en Annette Pretorius (80); 2. Annemarie Luggen, Susan Wright en Joan Zietsman (80).
Naaste aan die vlag op nommer 4: Rita Heroldt.
Met die prysuitdeling is gemeld dat saadjies van wyle Gail Yarwood nou fraai op die baan blom wat aangename herinneringe aan dié gewilde gholfspeelster gewek het. Tydens die foto-sessie is die vroue verder opgekikker toe Jana Oosthuizen (21 maande), die fraaie spruitjie van die Ope-kampioen, Louis Oosthuizen, daar aangetrippel gekom het.
Wenners van die vroue se onlangse gholfdag - voor: Susan Wright en Rose-Marie Gerber. Agter Joan Zietsman, Elmarie van Niekerk, Annette Pretorius met Jana Oosthuizen en Annemarie Luggen.