MOSSELBAAI NUUS - Donderdae is dit die vroue se gholfdag en watter lekker dag was die afgelope Donderdag nie. Gesellig en vol pret. Die dag het vroeg begin met die maandelikse kompetisie om te bepaal wie die vinnigste tyd kon aanteken om 'n putjie te speel.
Dit word een keer per maand op die 11de putjie ('n syfer 5 gat) gespeel. Twee spanne van vier neem deel.
Tye word noukeurig bereken en die afgelope Donderdag het die span van Rita Herholdt, Regina Herbst, Elmarie van Niekerk en Elsore Grobler die ongelooflike tyd van 1 minuut 27 sekondes aangeteken en die vorige vinnigste tyd van 1 minuut 35.70 sekondes van Ineke Botes se span geklop. Wel gedaan julle vinnige meisies.
IPS-kompetisie
Ten spyte van die winderige weersvoorspelling, het die IPS-kompetisie 'n goeie veld gelok en 26 vroue het die baan aangedurf. Die volledige kompetisie-uitslag was soos volg:
1. Gloria Greyvenstein los voor met die uitstekende telling van 41 punte;
2. Elsore Grobler 37;
3. Shirley Pressley en Monica Slavin albei 36 punte;
5. Jackie Braisher 35 punte sowel as naaste aan die vlag op nommer
4.Daar was drie spogtweetjies naamlik deur Mariaan Hadiarus en Marita Pienaar op die 8ste en Monica Slavin op die 4de. Gloria speel tans baie goeie gholf soos onlangs bewys in die silwerligawedstryd en nou weer.
Baie geluk aan die silwer- en bronsligaspanne wat tans die eerste en tweede posisie beklee. Hou so aan. Ons hou duim vas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'