MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Twee suksesvolle kompetisies is die afgelope week by die Dolphin's Creek-gholfbaan naby Groot-Brakrivier gespeel toe verskeie spelers hul slag met die klein balletjie gewys het.
Eddie Hanekom het in die Woensdag-kompetisie met die louere weggestap en is gevolg deur Harold Terblanche (2de), Wouter Pretorius (3de) en Nic Oosthuizen (4de). Toelie Fourie het 'n Two Club behaal.
Die eerste Sundowner-kompetisie van die jaar, wat 'n IPS-formaat was, is deur Niel Theron gewen met Joe Davis as naaswenner.
Die wenners van die Woensdag-kompetisie is van links: Eddie Hanekom, Harold Terblanche, Wouter Pretorius, Nic Oosthuizen en Toelie Fourie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'