MOSSELBAAI GHOLFNUUS - November het lekker sonskyn gebring maar ook 'n bietjie wind en mis om die gholfers deeglik te toets.
Die maand het af geskop met die Bounty Wildsverwerking, indiviuele stablefordkompetisie op 7 November. 'n Totaal van 123 dapper spelers het die baan en die elemente die stryd aangesê.
In die A-afdeling was Marcel Sciarone die wenner met 'n skitterend telling van 41 punte. 'n Strawwe C-afdeling is gewen deur Elias Engels met 'n telling van 34 punte.
Ook in die pryse was Ina Swart (40 punte), Roelof Engelbrecht (39 punte), Pierre Botes (39 punte), David Gerber (37 punte), Wouter Kotze (37 punte) en Fires van Vuuren met 36 punte.
Donny Smit was die naaste aan die pen op die vierde putjie en Gerrit van Zyl op die 12de putjie.
Saterdag
Saterdag het 139 spelers aan die gekombineerde stablefordkompetisie deelgeneem.
Die pragtige dag en gunstige toestande is goed benut en uitstekende tellings is aangeteken. Barry Vermeulen en sy spook maat het die dag gewen met 'n spoggerige telling van 79 punte.
Kort op hulle hakke was Brian Power en Takkie Kasselman met 'n ewe goeie 78 punte. Hulle is gevolg deur Niel van Heerden en Schalk Roets (76 punte). Ons eie Arrie van der Linde is deur sy pa, Koos van der Linde, uitgestof na 'n hewige uittel proses waar albei 73 punte bymekaargemaak het.
Naaste aan die pen op die vierde putjie was Joe Luggen en op nommer 12 JJ Joubert.
Met die dae wat langer word en die feesseisoen op ons, kom maak 'n afspraak en baljaar op die groen vlaktes.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'