Die geleentheid vind weer plaas by die Mosselbaai Gholfklub. Daar is groot pryse op die spel. Die eerste plek wen elkeen `n skaap, die tweede plek `n halwe skaap, ensovoorts.
Kostes verbonde aan die gholfdag beloop R300 per speler en sluit `n lekker spitbraai-ete in by die prysuitdeling.
Dawie Spies, stigter van Manne van die Woord, sal as programleier optree tydens die geleentheid. Daar sal ook `n veiling gehou word.
Die gholfers kan hul lewensmaats saambring na die ete teen R50 per kop.
Die formaat is BB Stableford.
Dawie Spies van Manne van die Woord tree op tydens die Suid-Kaap vir Jesus se gholfdag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'