MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Skielik is die jaar 2018 amper verby en is daar net sowat 'n maand oor voor die Kersgety. Binnekort gaan ons dorp en veral die gholfbaan wemel van die besoekers.
Mosselbaai-gholfklub se "swaeltjies" is omtrent almal al hier en was dit heerlik om Michaela en Sabine ook te verwelkom en bly dat hulle betyds was om aan die vroue se beterbalkompetisie te kon deelneem.
Na die heerlike sagte reën in die week, lyk die baan goed. Dertig vroue het die baan aangedurf vir die beterbalkompetisie - geen kies van 'n maat nie, jy moes sien en kom klaar met die maat met wie jy getrek is. As daar na die tellings gekyk word, was die verskillende vennootskappe baie goed.
Eerste met 45 punte was Leonie de Beer en Hanlie de Villiers, tweede met 43 punte was Gloria Greyvenstein en Regina Herbst en derde met 42 punte was dit Michaela Collins en Catherine Bell op 'n uittel. met Shirley Greig en Chantelle Grard vierde, ook met 42 punte.
Naaste aan die pen op die agtste was Rita Herholdt wat toe ook die enigste speler was met 'n spogtwee op dieselfde putjie.
Diana van Staden, 'n nuwe lid, het haar eerste kompetisie as lid saamgespeel en is hartlik deur die waarnemende vrouekaptein, Ineke, verwelkom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'