Dit geld selfs vir 'n enkele houespelkompetisie en wanneer die wenners van die jaar se houespelkompetisies kragte meet, seëvier die crème de la crème, oftewel net die allerbeste van die bestes.
Jors Troelie lig die hoed hoog vir Gloria Greyvenstein en Annette Meyer, die vroue se houespelkampioene vir 2014.
Gloria het in die silwerafdeling getriomfeer met 'n uitmuntende netto-telling van 67 vanaf 'n 12-voorgee.
Hoewel die immergedugte Annette Meyer die naaswenner in die dagkompetisie was, was sy die jaarwenner in die bronsafdeling. Die wenner in die dagkompetisie was Betsie Fourie, met 'n netto-telling van 70.
Sy maak tans haar sagte stemmetjie hoorbaar dik op die gholfbaan. (Vandeesweek was sy ook die wenner in die eerste ronde van die Mosselkrakers se jaarkampioenskappe.) Tertia Mitchell, wat in die dagkompetisie uitgetel is deur Annette, was derde met 'n netto-telling van 73.
In die silwerafdeling was Gail Botha, met 'n netto-telling van 69, die naaswenner in die dagkompetisie.
Sy het ook die setkompetisie met slegs 28 sette gebuit.
Rosie Gerber, wat nooit laat links lê nie, was die naaste aan die vlag op nr. 12.
Jors wil ons dorp se gholfers net inlig dat hulle maar kan bors uitstoot, omdat Laetitia Higgs en Magda Kantelbrunn aanstaande jaar onderskeidelik die presidente van die Suid-Kaap se vroue-gholfunie en die senior gholfunie is. Veels geluk aan hul deurlugtiges en alles van die beste.

Hulle het die gholf-lakmoestoets geslaag. Van links, voor: die allerbeste van die bestes Annette Meyer en Gloria Greyvenstein. Agter: Tertia Mitchell, Gail Botha, Rosie Gerber en Betsie Fourie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'