Mense wat lus het om te gaan wynproe by hierdie privaatkelder, kan op enige dag behalwe Sondag daar opdaag om van hul heerlike wyne te geniet.
Boggomsbaai se gholfklub kry nou al vir 'n paar jaar gedurende die Kersseisoen 'n borgdag van Jakkalsvlei af en verlede Saterdag het 'n hele paar spelers tydens 'n Beterbalkompetisie met 'n klompie bottels wyn huis toe gegaan. Ongelukkig kon Jantjie nie self daar wees met die prysuitdeling nie, maar ons wil vir hom baie dankie sê vir sy volgehoue ondersteuning.
Die volgende spelers het in die Beterbal-Stableford- kompetisie die beste gevaar:
1. Andries van Schalkwyk en Gerrie Gouws 52; 2. Johan Muller en Jaco Pienaar 47; 3. Tannah Harris en Andre Beukes 45; 4. George Deerans en Chris Feiertag 45; 5. Van le Roux en Cassie Swanepoel 45.
Buffelsdrift Game Lodge
Komende Saterdag, 21 Desember, borg Buffelsdrift Game Lodge 'n 4BBS Geelbalkompetisie en op 28 Desember is dit Prima Parte wat 'n IPS-dag borg. Kontak vir André Beukes by 082 460 0503 as jy wil speel.
Sien julle op Boggomsbaai!

Pryswenners van die Jakkalsvlei Gholfdag - van links: Tannah Harris, Gerrie Gouws, Johan Muller, Jaco Pienaar, Andries van Schalkwyk en André Beukes.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'