Kort-om, epiese dramas (sommige tragies), wat in een geval van sonop tot sononder geduur het, het afgespeel oor 36 putjies (lees maar slagvelde). Jors Troelie het selfs gehoor dat 'n seemeeu, skynbaar met 'n swak vir pienk, Tertia Mitchell se ligroos gholfbal op die negende opgeraap en in die niet daarmee verdwyn het. Daar was dus selfs 'n "deus ex machina", kompleet soos in die ou Griekse dramas.
Gelukkig was daar ook talle ligpunte, soos Anzelle Zeelie (voorgee 4) se puik rondte van 74 oor 18 putjies, Gail Botha (17) se 88, Marlies Morgan (19) se 90 en Gloria Greyvenstein (17) se 41 houe oor 9 putjies.
Uitslae
Die volledige uitslae oor 36 putjies was soos volg:
- A-afdeling (0-15): 1. Anzelle Zeelie (154) en 2. Annette Pretorius (170). Beste 9 putjies (bruto-telling): Gloria Greyvenstein (41).
- B-afdeling (16-22): 1. Louise Müller (184) en 2. Martie du Toit (190). Beste 9 putjies (bruto-telling): Dawn Wessels (46).
- C-afdeling: 1. Marlies Morgan (189) en 2. Elmarie van Niekerk (201). Beste 9 putjies (bruto-telling): Betsie Fourie (49).
- Veterane-afdeling: 1. Hester de Jager (176).
- Netto-telling kompetisie: Beste netto-tel-ling oor 36 putjies: Gail Botha (146); Beste netto-telling voormiddag: Linchen Baruch (69); Beste netto-telling namiddag: Laetitia Higgs (75).
- Agtien putjie-kompetisie: Beste bruto-tel-ling: Rita Wienand (107); Beste netto-telling: Shirley Sadowski (85).