Om verdere kleur aan die geleentheid te verleen, het die eienaars van Mosselbaai Toyota self aan die gholfdag deelgeneem en was ons bevoorreg om drie geslagte van die Janse van Vuurens by ons te kon akkommodeer. Baie dankie aan Fanie, Stefan en Hanno, al drie SJ Janse van Vuurens, vir hul volgehoue ondersteuning. Volgende jaar is dit 30 jaar en doen ons iets groot!
Saterdag se sterk suid-ooster het speelomstandighede baie bemoeilik en die voorspelling was dat tellings maar laag sou wees. Johan Kotze het hom nie aan voorspellings gesteur nie en 'n uitstekende 40 punte aangeteken. Baie geluk, Johan.
Die volgende manne het die beste gevaar: 1. Johan Kotze 40; 2. George Deerans 37; 3. Van le Roux 35; 4. Malan Cronjé 34.
Jakkalsvlei
Komende Saterdag borg Jakkalsvlei die 4BBS-kompetisie. Daar is ook die middag om 16:00 'n wynproe in die gholfklub. As jy wil kom speel, kry 'n maat en skryf in by André Beukes by 082 460 0503 teen Vrydag.

Wenners van die Mosselbaai Toyota borgdag: George Deerans (tweede), Johan Kotze (eerste), Stefan Janse van Vuuren en sy seun Hanno (borg), en Van le Roux (derde).